NOORD-KAAP. – Die provinsiale LUR vir gesondheid, mnr. Maruping Lekwene, het reeds sy inenting ontvang en versoek meer gesondheidswerkers om op die regering se elektroniese inentingstelsel (EVDS) te registreer en tydens die fase 1-uitrol hulle entstof te neem.
Meer gesondheidswerkers word versoek
“Dit kom nadat meer as 1 452 gesondheidswerkers uit die private en openbare gesondheidsektore, onder wie LUR Lekwene, die Johnson & Johnson-entstof in die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal ontvang het,” sê Lebogang Majaha, mediaskakelbeampte.
Die aantal Covid-19-gevalle in die Noord-Kaap staan tans op 33 636, met 30 199 mense wat herstel het. Tot dusver is 663 mense dood weens Covid-19-komplikasies. Dit laat die provinsie met 2 772 aktiewe gevalle en ’n herstelpersentasie van 90%.
Die Johnson & Johnson-entstof
Die Noord-Kaap het altesaam 3 902 entstofdosisse ontvang van die 80 000 Johnson & Johnson-entstof wat verlede week in Suid-Afrika aangekom het. Lekwene sê verder daar gaan ’n dag in die toekoms wees wanneer ons nie maskers hoef te dra nie, maar vir nou moet ’n masker gedra word om ander en jouself te beskerm.
Die LUR wil mense gerusstel oor simptome wat na die inenting ervaar kan word. “Hoofpyn, spierpyn of kouekoors is normale simptome. Dit beteken dat die liggaam se immuunstelsel reageer op die entstof wat nuut in die liggaam is. Dit is wat mense nodig het, en dit is ’n bewys dat die entstof werk.”
LUR se ervaring
Verder wou die LUR sy persoonlike ervaring na hy die entstof ontvang het met die provinsie deel. “My persoonlike inenting-ervaring was niks anders as ‘n groot vervulling nie. Ek het geen ligte of ernstige simptome opgedoen sedert ek die jab geneem het nie. Dit was vir my belangrik om mense met my voorbeeld te lei. Ek is in die openbaar ingeënt om te verseker dat meer van ons gesondheidswerkers aangemoedig is om die entstof te neem,” het LUR Lekwene van sy inenting gesê.
LEES OOK: Gqeberha: Wat dink jy van PE se nuwe naam?
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



