SUID-AFRIKA. – Malcolm Wentzel, Karlien (Kiki.la.coco) se man, het die spanning en stilte op TikTok verbreek in sy video waarin hy praat oor die live waarin sy vrou betrokke was.
Hy begin die video deur te sê dit wat die naweek gebeur het is totaal onaanvaarbaar. “Van my kant af is ek baie teleurgsteld en baie seergemaak,” sê Malcolm verder in die video.
Sy sal nog ordentlik om verskoning vra
Hy sê ook vir almal wat seergekry het as gevolg van die video jammer. Hy probeer dan aan sy aanhangers verduidelik dat dit wat gebeur het nie die persoon is wie Kiki werklik is nie.
“Ek sê jammer al is dit nie ek wat dit alles veroorsaak het nie. Sy is my vrou en ek moet haar optel en help.” Volgens Malcolm sal Kiki nog ordentlik om verskoning aan almal vra en haar kant van die storie verduidelik.
Malcolm sê aan die einde van die video weer baie jammer aan almal wat deur die video geaffekteer is. Hierdie video is al 247 300 keer gekyk.
LEES OOK: Karlien van Jaarsveld deel foto van ongelukkige Elah in rokkie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



