Jag – ’n sensitiewe onderwerp

Deel hierdie storie / Share this story

Na die storie van Merelize van der Merwe wat ’n kameelperd oor Valentynsnaweek as trofee geskiet het, het mense hulle afgryse teen jag uitgespreek.

Jag is al vir eeue deel van die Suid-Afrikaanse tradisie en meeste van die nasie eet vleis. Meeste seuns word met jag grootgemaak. Hulle gaan jag van kleintyd af saam met hulle pa’s en dit is niks snaaks nie.

Baie mense glo jy skiet nie ’n dier as jy nie sy vleis gaan eet nie. Ander voel weer daar is niks fout met trofeejag nie.

FiND iT-lesers gesels:

Mari Myrtle Croucamp Venter sê: “Teen trofeejag beslis! Ek eet vleis, maar voel skuldig. Ek sal self nooit kan jag nie, sal die bokkie te jammer kry. Sal nooit enige dier kan doodmaak nie. So eintlik is ek ’n hypocrite. Los die vuil werk vir ander. Jag moet wees vir kos, nie vir plesier nie. Jy moet respek en waardering hê vir die dier wat sy lewe opoffer vir jou eetgewoontes.”

LEES OOK: Sekuriteitswag in verband met gesteelde goedere in hegtenis

Elmarie E Potgieter sê: “Vir jag. Maar moet jou oes met respek hanteer. Daar is ook redes hoekom diere verminder moet word. As jy skaap, hoender, bees of vark eet, wat is die verskil?”

Elaine van Zyl sê: “Ek hou niks van jag nie maar ek voel wat jy skiet moet jy eet. Trofee jag is vir my barbaars en enigiemand wat al ’n kameelperd, renoster, seekoei, leeu, tier of luiperd gejag het is psycho en ek wil glad nie met sulke mense meng nie.”

Nico Broodryk sê: “As jy sy vleis eet is dit reg. Maar as jy n olifant skiet net vir die lekker is ek daarteen.”

Ronald Noorman sê: “Ek glo nie daar is ’n probleem as iemand jag nie. Dis nou nie vir my nie. koop maar eerder by slaghuis. Wat ek wel mee ’n probleem het is die jagters wat ’n bespotting maak met die dier wat dood is. Hy het sy lewe opgeoffer sodat jy kan eet, respekteer dit.”

Lees meer artikels hier.