Sekuriteitswag in verband met gesteelde goedere in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

GALESHEWE. – ’n Sekuriteitswag is Dinsdag in verband met gesteelde goedere in hegtenis geneem en sal na verwagting op 25 Februarie 2021 in die landdroshof in Galeshewe verskyn.

Sy inhegtenisneming volg nadat die polisie ‘n wenk ontvang het van ‘n verband tussen die verdagte en IT-toerusting wat by die staatskantore in Kimberley gesteel is.

LEES OOK: KYK: Babers in die strate van Cassandra

Die verdagte was daar as veiligheidswag geplaas. Die toerusting ter waarde van R30 000 is by sy huis gekonfiskeer.