Hondjie gebore met ses bene, twee sterte – leef langer as verwag

Deel hierdie storie / Share this story

OKLAHOMA. –  Skipper, die vier dae oue hondjie wat gebore is met ses bene en twee sterte is ’n kruising tussen ’n Australiese herdershond en ’n skaaphond.

Volgens NDTV sê die veeartse van Oklahoma dit is die eerste bekende geval van ’n hond wat met ses bene lewendig gebore is. “Sy oorleef langer as wat ons verwag.”

Dr. Alison Everett, ‘n veearts by Neel Veterinary Hospital, sê sy glo nie sy sal ooit weer ’n hondjie soos Skipper sien nie. Skipper het vier agterbene, twee sterte, twee anusse en twee voorbene.

Foto: Okcfox.com

Skipper is gebore met Monocephalus Dipygus en Monocephalus Rachipagus Dibrachius Tetrapus, wat beteken sy het een kop, een bolyf, maar sy het twee bekkens, twee voortplantingstelsels en twee urienstelsels.

Ten spyte van haar afwykings is Skipper baie sterk.

Haar organe werk, sy eet en drink en sy het al ontlas. Al haar ledemate reageer op stimuli net soos enige ander klein hondjie.

Die hondjie word tans deur haar eienaars met die hand grootgemaak omdat haar ma haar verwerp het.

Lees ook: Vrou steek ma se liggaam 10 jaar in vrieskas