Vrou steek ma se liggaam 10 jaar in vrieskas

Foto: All4Women

JAPAN. – Yumi Yoshino (48) het haar ma se liggaam vir 10 jaar in ‘n vrieskas versteek. ’n Skoonmaker het op die liggaam van die bejaarde vrou afgekom.

Volgens All4women het die skoonmaker die liggaam gevind kort nadat Yoshino forseer is om die hotelkamer te ontruim omrede sy nie die huur verder kon bekostig nie.

Yoshino sê sy het 10 jaar gelede haar ma dood gevind in die woonstel wat hulle in Tokyo gedeel het. Sy sê sy het besluit om die liggaam weg te steek omrede sy nie uit daardie woonstel wou trek nie.

Owerhede sê die liggaam van die bejaarde het geen wonde gehad nie, maar die tyd en oorsaak van die dood kon nie vasgestel word nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: