Onbekende vrou dood tydens tref-en-trap

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – ’n Middeljare vrou was gisteraand ‘n slagoffer van ’n tref-en-trapongeluk op die N10 tussen Lambrechsdrift en Karos. Die polisie het die vrou in die pad sien lê en bevind sy het ernstige beserings opgedoen.

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die vrou is na ’n plaaslike hospitaal geneem, maar het later aan haar wonde beswyk.

Geen verdere inligting is in hierdie stadium beskikbaar nie en enige persoon met inligting word versoek om konst. Vanessa van der Westhuizen by 082 495 4615 te skakel.