February 25, 2021

Sofia, vier maande te vroeg gebore, 500 g en 26 cm

Sy was kleiner as ’n volwasse hand en was 500 g en 26 cm.

SKOTLAND. – Sofia Viktoria Birina, wie se vel so te sê deurskynend was toe sy op 22 weke gebore is, is na 132 dae in die hopsitaal huis toe.

BBC-nuus berig Sofia is vermoedelik een van Skotland se jongste oorlewende vroeggebore babas. Sy was kleiner as ’n volwasse hand. Sy het die skaal op 500 g getrek en was 26 cm lank by geboorte. Sofia het almal verstom omdat sy ’n kans van 10% op oorlewing tydens kraam gegee is en nog minder kans om daarna te oorleef.

Niemand kan Sofia vashou nie

“Alles was goed met die 20 week skandering. Toe, na net meer as ’n week, het ek pyn ervaar en is hospitaal toe. Hulle het aan my gesê ek is reeds in kraam,” sê Sofia, Egija, se ma aan BBC-nuus.

Egija sê verder vir die eerste week kon sy nie haar baba vashou nie omdat sy so klein wees. Daarna het sy Sofia heeltyd vasgehou. Egija was heeltyd by die hospitaal, sommige kere 16 ure aanmekaar.

Baie opvolgafsprake

Sofia, nou vier maande oud, vorder baie goed by die huis. Sy het vir die volgende twee jaar opvolgafsprake by die hospitaal en moet vir drie tot vier jaar na die longkliniek vir ondersoeke gaan.

LEES OOK: Gespierde dokter lok kommentaar op sosiale media uit

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: