Sol Plaatje betaal Eskom-rekening

Volgens die munisipale finansies bestuurswet (56 van 2003), Artikel 65 (2)(e), moet alle rekeninge van die munisipaliteit binne 30 dae betaal wees.

Sol Plaatje betaal Eskom rekening

Sol Plaatje betaal Eskom rekening

KIMBERLEY. – Sol Plaatje-munisipaliteit het gister met Eskom vergader en ooreengekom op ’n onmiddellike betaling van die uitstaande bedrag vir Januarie. Daar is ook reëlings tussen die partye getref vir die afbetaling van die agterstallige bedrae. ’n Vergadering tussen die partye sal later vandeesweek voorgaan om verdere reëlings te tref.

Vroeër die maand het Eskom ’n dringende brief aan die premier, dr. Zamani Saul, gerig waarin daar gesê is dat Eskom Sol Plaatje nie verder van elektrisiteit kan voorsien as die uitstaande Desember-rekening nie betaal word nie.

LEES OOK: Seun (10) verdrink toe hy sussie uit dam red

Eskom meen Sol Plaatje hou ’n finansiële bedreiging vir Eskom in, omdat sy rekening nie betaal is nie en die munisipaliteit se betaalvermoë oor die afgelope jaar sleg agteruitgegaan het.

Eskom sê in die brief hy sal geen ander keuse hê as om voort te gaan met kredietbestuursprosesse nie. Van dié kredietbestuursprosesse sluit in die beëindiging van elektrisiteitstoevoer na die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Die brief is gedateer 5 Februarie en onderteken deur Marion Hughes, algemene bestuurder: Noord-Kaap bedrysfeenheid van Eskom.

Volgens die munisipale finansies bestuurswet (56 van 2003), Artikel 65 (2)(e), moet alle rekeninge van die munisipaliteit binne 30 dae betaal wees.

Volgens Eskom voer Sol Plaatje aan hy het “kontantvloeiprobleme.” Sol Plaatje verskaf tans van die duurste elektrisiteit in Suid-Afrika.

Lees die vorige berig hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: