‘Sol Plaatje betaal nie rekening’ – Eskom

“Eskom sê in die brief hy sal geen ander keuse hê as om voort te gaan met kredietbestuursprosesse nie. Van dié kredietbestuursprosesse sluit in die beëindiging van elektrisiteitstoevoer na die Sol Plaatje-munisipaliteit.”

Sol Plaatje betaal nie rekening - Eskom

As die Sol Plaatje-munisipaliteit nie dringend sy Desember 2020-elektrisiteitsrekening betaal nie, kan Eskom die elektrisiteitstoevoer na dié munisipaliteit beëindig. Foto: Canva

KIMBERLEY. – As die Sol Plaatje-munisipaliteit nie dringend sy Desember 2020-elektrisiteitsrekening betaal nie, kan Eskom die elektrisiteitstoevoer na dié munisipaliteit beëindig.

Só lui ’n brief vanaf Eskom, gerig aan dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap.

Eskom pleit by Saul om dringend in te gryp by dié munisipaliteit.

Eskom meen Sol Plaatje hou ’n finansiële bedreiging vir Eskom in, omdat sy rekening nie betaal is nie en die munisipaliteit se betaalvermoë oor die afgelope jaar sleg agteruitgegaan het.

Eskom sê in die brief hy sal geen ander keuse hê as om voort te gaan met kredietbestuursprosesse nie. Van dié kredietbestuursprosesse sluit in die beëindiging van elektrisiteitstoevoer na die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Die brief is gedateer 5 Februarie en onderteken deur Marion Hughes, algemene bestuurder: Noord-Kaap bedrysfeenheid van Eskom.

LEES OOK: BURGEMEESTER PRAAT OOR 84% ELEKTRISITEITSHEFFING

’n Ingeligte by die Sol Plaatje-munisipaliteit sê die vrees bestaan dat Kimberley dieselfde pad as Postmasburg sal loop. “Daar is die krag deur Eskom vir meer as agt ure op ’n slag afgesit. Watter onderneming kan agt ure sonder krag gaan? Dit beïnvloed dan ook die water, want die pompe het krag nodig om die water na die dorp te pomp.”

Volgens die munisipale finansies bestuurswet (56 van 2003), Artikel 65 (2)(e), moet alle rekeninge van die munisipaliteit binne 30 dae betaal wees.

Volgens Eskom voer Sol Plaatje aan hy het “kontantvloeiprobleme.” Sol Plaatje verskaf tans van die duurste elektrisiteit in Suid-Afrika.

FiND iT het ’n navraag by die premier se kantoor ingesit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: