Patrick Mabilo, die uitvoerende burgemeester van Kimberley, neem kennis van die onlangse mediaberigte oor die elektrisiteitsheffing van die Sol Plaatje-munisipaliteit. André de Ruyter, hoof van Eskom, het gesê mense dink dis Eskom wat sulke hoë pryse het, terwyl dit eintlik die munisipaliteit is.
Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê Mabilo het ‘n dringende vergadering aangevra om die bewerings te bespreek.
“Sol Plaatje is nie op die oomblik in staat om vas te stel hoe Eskom die 84% heffing op die elektrisiteit bereken het nie, maar meen dis misleidend en nie die waarheid nie,” sê sy.
“Die kantoor van die uitvoerende burgemeester en die amptenare sal Eskom en NERSA kontak en vir duidelikheid vra.”



