KIMBERLEY – ‘n Man (31) is gister in die middestad met nege plastieksakkies tik gevang, sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder.
Hy sê polisielede het gesien hoe die verdagte ‘n dwelmtransaksie op die sypaadjie in Stockdalestraat doen.
“Die polisielede het die verdagte vasgekeer en die dwelms wat in sy besit was, gekonfiskeer voordat hy daarvan kon ontslae raak.”
Die verdagte verskyn Maandag 24 Augustus op aanklag van die besit van dwelms in die Kimberley-landdroshof.



