Gespierde dokter lok kommentaar op sosiale media uit

“As hy die entstof persoonlik toedien, neem ek twee asb.”

OOS-KAAP. – Dié dokter in die eerste raam het vinnig bekend op sosiale media geword toe dié foto wat sy spiere effens wys terwyl hy die Covid-19-enstof ontvang, sosialemediagebruikers gaande gehad het.

Die Oos-Kaapse regeringskommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) het foto’s van gesondheidswerkers wat die inenting ontvang op hulle Twitter-blad gesit en die sosialemediagebruikers was in vervoering oor die gespierde dokter in die eerste raam.

Dokter wat spiere wys

“Oh wow, waar werk die dokter? Ek doen aansoek om as sy sekretaresse te werk. Verbeel jou om elke dag in hom vas te kyk,” lui een van die kommentare.

“As hy die entstof persoonlik toedien, neem ek twee asb.” lui nog ’n kommentaar op die inskrywing.

Die dokters in die foto is almal van Livingstone-hospitaal, Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in Port Elizabeth.

LEES OOK: Kiki.la.coco laat TikTokkers woedend oor ‘GBV’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: