Kiki.la.coco laat TikTokkers woedend oor ‘GBV’

In een van die skermgrepe wat wys wat gisteraand gebeur het, sê kiki “al ons pa’s het ons mielies gekielie”.

Foto: Instagram, Kiki.la.coco

Kiki Wentzel (Kiki.la.coco), eggenoot van Malcolm Wentzel en bekende Suid-Afrikaanse TikTokker, se wiele het glo Saterdagaand afgekom tydens ’n live waarin Kiki menigmale gevloek en gelyk het of sy haarself aan drank oorgegee het. Sy het ook verwysings gemaak oor molestering, wat mense ontstel het oor geslagsgebaseerde geweld (GBV).

Dié video het wyd reaksie uitgelok. Opnames en skermgrepe wat wys wat gisteraand op die live gebeur het, word steeds versprei. TikTokkers wat erken hulle was altyd ’n groot aanhanger, het gesê hulle sal haar nie meer op die app volg nie. Kiki.la.coco het 168 400 volgelinge op TikTok en daarom het baie gevoel sy is iemand na wie hulle kan opkyk.

Sterk staan teen aanlyn boelies

Haar volgelinge is geskok deur haar kru taal, aangesien sy ’n voorstaander van vroueregte is. Kiki hou gereeld lives waarin sy mense opbou en aanmoedig om ’n beter weergawe van jouself te wees. Sy en haar man het ook ’n groep begin wat sterk staan teen aanlyn boelies.

In een van die skermgrepe wat wys wat gisteraand gebeur het, sê Kiki “jammer om te hoor, ons almal pa’s het ons (p)mielies gekielie”. Die uitlating het vrouens op TikTok woedend en ontsteld, omdat Kiki altyd vir geweld teen vroue en kinders opstaan.

Hier is die video:

Dalk nuwe Kiki.la.coco-rekening

Die kuier is na bewering by die Wentzels se woning gehou. Vele bekende Afrikaanse sangers soos Loufi en Jack Parow was ook vroeër die aand op haar live gesien.

Vanmiddag was daar ’n nuwe Kiki.la.coco-rekening en aanhangers meen sy het moontlik ’n nuwe rekening begin.

Die Wentzel-paar was ook laas jaar in die media toe hulle vir hulle huishulp, Thembi, ’n splinternuwe motor gekoop het.

FiND iT het Kiki vir kommentaar gekontak.

LEES OOK: Boer soek ’n Vrou: Wie is jou gunstelingboer dié seisoen?

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

1 thought on “Kiki.la.coco laat TikTokkers woedend oor ‘GBV’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: