February 25, 2021

Mense dra nie maskers nie – meer as 10 000 reeds in hegtenis

Die statieke wys ook 2 884 mense is in hegtenis geneem omdat hulle ná die aanklokreël op straat was.

KWAZULU-NATAL. – Die dra van ‘n masker het al deel van die normaal geword, maar daar is steeds mense wat nie maskers dra nie. Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag gesê meer as 10 701 mense is sedert Desember in hegtenis geneem omdat hulle nie maskers gedra het nie.

“Die polisie en veiligheidsmagte het 14 653 mense in hegtenis geneem tydens multidissiplinêre operasies regoor die provinsie,” sê Naicker verder. Volgens Naicker is hierdie mense in hegtenis geneem omdat hulle van vlak drie se regulasies oortree het.

Mense dra nie maskers in openbaar nie

Die statistieke wys ook 2 884 mense is in hegtenis geneem omdat hulle ná die aanklokreël op straat was.

Naicker sê hulle is bekommerd oor die hoë getalle mense wat in hegtenis geneem is. Hy sê die mense gehoorsaam nie die wette nie en sosiale distansiëring word geïgnoreer.

Die polisie sê verder hulle sal aanhou om seker te maak mense kom wel die regulasies om die verspreiding van die koronavirus te keer, na.

LEES OOK: Twee meisies verdrink terwyl hulle mekaar probeer red

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: