February 25, 2021

Gestremde seun en sy gesin kort hulp: Opvolg

Die gestremde seun en sy gesin wat deur Magda en Henry van die straat af ingeneem is word deur Kimberley se mense geseën. Twee van die seuns is in Laerskool Staats en is baie trots daarop.

seuns

Die gestremde seun en sy gesin wat deur Magda en Henry vanuit die strate gered is, is besig om ’n lewe te begin, maar het nog 'n ver pad om te stap.

Die gestremde seun en sy gesin wat deur Magda en Henry van die straat af ingeneem is word deur Kimberley se mense geseën. Twee van die seuns is in Laerskool Staats en is baie trots daarop.

Baie Kimberliete het hulle harte teenoor die twee kinders oopgemaak. Hulle het donasies vanaf besighede soos Xerox vir skryfbehoeftes gekry. Joz The Keyman het talle donasies gemaak, insluitend een kind se skoolfonds vir ses maande betaal. Offspring Productions het ’n koopbewys aan die hele gesin gegee en Spur het ‘n ete vir hulle geborg.

Dan is daar ook ander mense en gesinne wat hul harte oopgemaak het, onder andere Henk, Yolandi, Beanca en ’n klompie anonieme skenkers wat ook bydraes van skoolklere, skryfbehoeftes, skoene, sportklere en kosblikke gemaak het. Op Facebook is ook ’n aantal mense wat hul hulp aangebied het.

Daar is so baie mense wat die gesin help en alhoewel nie almal genoem word nie, is die gesin dankbaar vir elke liewe persoon wat ’n bydrae gelewer het.

Die gestremde seuntjie sukkel nog om plek in ’n spesiale skool te kry, maar baie van sy skoolbenodighede is ook alreeds bymekaargemaak en gereed vir die dag dat hy na ’n skool toe kan gaan.

Ander hoogtepunte vir die gesin sluit in die deposito vir ’n woonplek wat hulle, met behulp van donasies, bymekaar kon maak, klere vir Mamma en Pappa, asook kospakkies wat by Magda-hulle afgelewer word.

Sodra al die kinders in ’n skool is, wil die mamma begin werk soek, maar vir eers word daar nog werk gesoek vir die pappa sodat wanneer hulle in ’n plekkie intrek, hulle dit sal kan bekostig en hulleself sal kan onderhou.

Volg die storie hier:

Gestremde seuntjie en sy familie benodig hulp

Gestremde seun kry ’n rolstoel

Gestremde seun en sy gesin benodig hulp: Opvolg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: