Inspirasie vir die dag – Hoe behandel jy jou geliefde?

Vergelyk nie jou maat met ander nie. Jou maat was en is jou keuse. (2 Kor. 10:12)

Inspirasie vir die dag – Hoe behandel jy jou geliefde?

Inspirasie vir die dag – Hoe behandel jy jou geliefde?

Hier is ’n paar Bybelverse en bemoedigende woorde oor hoe jy jou geliefde moet behandel.

  • Moenie op mekaar skree wanneer julle verskil nie. Dit doen skade aan julle verhouding. (Spreuke 15:1)
  • Moenie kwaad praat van mekaar by ander nie. Jou woorde het krag. (Gen. 2:19)
  • Deel nie mekaar se intimiteit met ander nie. Dis owerspel. (Matt. 5:28)
  • Vergelyk nie jou maat met ander nie. Jou maat was en is jou keuse. (2 Kor. 10:12)
  • Weerhou nie intimiteit van mekaar nie. Jul liggame behoort aan mekaar. (1 Kor. 7:5)
  • Wees sag en liefdevol. Julle het albei immers jul lewens vir mekaar opgeoffer. Dit maak seer wanneer julle ongeskik en onbeskof teenoor mekaar is omdat julle geïrriteerd is. Wees sag. (Efe. 4:2)
  • Gee nie plek vir geheime nie. Julle is een. Geheime veroorsaak verdeeldheid. (Gen. 2:25)
  • Negatiewe kommentaar teenoor mekaar is afbrekend en doen skade aan jul verhouding se sekuriteit. Julle wil veilig voel by mekaar en mekaar bou.
  • Jou maat se liggaamsbou bepaal nie sy of haar waarde nie. Waardeer en bemin mekaar tot jul oud is. (Efe. 5:29)
  • Behandel mekaar met respek voor ander en ook wanneer julle alleen is. Hanteer verskille met liefde en oop kommunikasie wanneer julle privaat is, nie voor ander en nie voor kinders nie. (Matt. 1:19)
  • Sê gereeld vir mekaar julle waardeer mekaar en respekteer mekaar en dat julle mekaar se moeite en opofferings waardeer. (1 Tes 5:18)
  • Maak saam kos sonder kritiek en geniet die samesyn in die kombuis of wys waardering vir mekaar se kookkuns. (Spr. 31:14)
  • Stel nie die kinders se belange voor mekaar nie. Julle het mekaar immers eerste liefgehad. Stel ook nie die familie eerste nie. (Gen. 2:24)
  • Belê in mekaar se geestelike groei deur geestelike leesstof aan te skaf en bid vir mekaar. Jou en jou maat se verhouding met God is baie belangrik. (Efe. 5:26)
  • Spandeer kwaliteittyd by mekaar en laat mekaar belangrik voel. (Jak. 5:16)
  • Maak tyd om met mekaar te speel en te lag. Die lewe het genoeg stres en dinge. Julle skryf die verhaal van mooi in jul lewens en julle is daar om mekaar gelukkig te hou. Doen dit terwyl julle kan. (Pred. 9:9)
  • Moenie dat geld julle vreugde bepaal nie. Maak seker dat dit nie ’n wapen teen mekaar is nie en onthou jul albei verdien die inkomste, al is net een op ’n payroll. (1 Pet. 3:7)
  • Moenie mekaar se swakhede blootstel nie, maar bedek dit eerder. Jy kan jou eie swakheid so blootstel en jouself sleg laat lyk. Beskerm mekaar, dit sal jou waarde verhoog. (Efe. 5:30)
  • Eer mekaar se ouers en reik uit na die kinders. (Hoogl 8:2)
  • Moet nooit nalaat om haar te vertel dat jy haar liefhet nie. Sy wil dit altyd hoor. (Efe. 5:25)
  • Groei in jou Christenskap , dis die enigste manier hoe jy ’n goeie en Goddelike man en vrou kan wees. (Rom. 8:29)

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: