Twee meisies verdrink terwyl hulle mekaar probeer red

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ’n Groep kinders het geswem toe twee meisies, tussen 12 en 15 jaar oud, probleme in die water ondervind het en in ’n poging om mekaar te red, verdrink het.

Twee meisies in groep verdrink

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê ’n span van Port Shepstone-reddingsdienste, die K9-eenheid en Medevac was op die toneel van die dubbele verdrinking by die dam in die omgewing van Scottburgh. Volgens Mbele het duikers die liggame van die twee meisies in die dam gevind.

Andrew Ingram van die  Nasionale Seereddingsinstituut het sy kommer oor verdrinkings uitgespreek en gesê indien kinders in die water is, moet daar ten alle tye toesig gehou word. Ingram sê verder deur net jou oog vir een sekonde van ’n kind af te haal, kan erge nagevolge tot gevolg hê.

LEES OOK: Durban-strande: Twee volwassenes en twee kinders amper die naweek verdrink

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.