February 25, 2021

Vyf maklike maniere om jou sosiale media meer inklusief te maak

Baie van ons kyk gereeld na ons gunstelingplatforms, en dit is soms die eerste ding wat ons soggens en die laaste wat ons snags sien.

Vyf maklike maniere om jou sosiale media meer inklusief te maak. Foto: Kerde Severin

Vyf maklike maniere om jou sosiale media meer inklusief te maak. Foto: Kerde Severin

Vir die meeste mense is dit ‘n relatiewe maklike ervaring om sosiale media te geniet en te gebruik.

Baie van ons kyk gereeld na ons gunstelingplatforms, en dit is soms die eerste ding wat ons soggens en die laaste wat ons snags sien.

Daar is interessante funksies wat direk in sosialemediaplatforms ingebou is, wat verseker dat jou sosiale media – of dit nou vir ‘n handelsmerk, ‘n organisasie of jouself is – toeganklik is vir almal.

1. Die gebruik van emoji’s

Sedert hulle skepping in 1999 het emoji’s ‘n groot deel van die digitale landskap, veral op sosiale media, geword.

‘n Onlangse studie deur Quintly het onthul die helfte van die plasings wat gedurende die eerste helfte van 2019 op Instagram gemaak is, emoji’s in die onderskrifte gebruik het.

Dit is ook bevind meer emoji’s het gewoonlik ‘n groter betrokkenheid gehad.

2. ‘n Goeie hutsmerk-oomblik

Hash tags is orals op sosiale media, en om dit inklusief te maak, verg selfs nog minder moeite as die gebruik van emoji’s.

Dit kom neer op jou sleutelbordvaardighede.

3. Skilder ‘n prentjie met jou woorde

Dis belangrik om te verseker dat ‘n skermleser jou foto’s kan interpreteer.

Facebook, Twitter, Instagram en LinkedIn bied maniere om alternatiewe teks (alt-teks) by prentjies te voeg, sodat dit deur ‘n skermleser beskryf kan word.

Die beskrywings is egter normaalweg vaag of soms nie eens baie akkuraat is nie.

Dit is egter maklik om die alt-teks self te vervang.

4. Onthou jou onderskrifte

Het jy al opgelet dat GIF’s van videogrepe wat dialoog bevat ongeveer 99% van die tyd onderskrifte het?

Jy moet dit doen met enige van jou video’s wat dialoog bevat, sodat gebruikers wat doof of gehoorgestremd is, jou inhoud soos almal kan geniet.

5. Tipografie-liefhebbers en font nerds, pasop

Daar is ‘n nuwe neiging in sosiale media dat mense persoonlike lettertipes in hulle bio’s, berigte en twiets gebruik om estetiese belangstelling aan die teks te gee.

Dit kan skrif – blok-, vetgedrukte of kursiewe lettertipes wees.

Alhoewel dit versoenbaar is met sosialemediaprogramme, is persoonlike lettertipes nie toeganklik nie. Teks-na-spraak-programme slaan die karakters heeltemal oor sonder om dit eens te probeer lees.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: