February 26, 2021

ArcelorMittal moet aanspreeklik gehou word, sê EFF

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het gevra dat ArcelorMital in Vanderbijlpark se bedryfslisensie hersien word na die voorval op 17 Februarie waarin drie mense oorlede is.

ArcelorMittal

Foto: Eyewitness News

VANDERBIJLPARK. – Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het gevra dat ArcelorMittal in Vanderbijlpark se bedryfslisensie hersien word na die voorval op 17 Februarie waarin drie mense omgekom het.

Lees vorige artikel: ArcelorMittal se drie vermiste werkers se liggame is gevind

Volgens The South African het die EFF gesê die staalvervaardigingsonderneming moet aanspreeklik gehou word vir die voorval. Kriminele aanklagte teen belangrike besluitnemers moet gelê word. Die maatskappy moet verder aanspreeklik wees vir die welstand van die oorledenes se afhanklikes.

Die EFF sê: “Dit kan nie wees dat ons vandag nog steeds ondernemings in private besit smeek om gesondheids- en veiligheidsvoorskrifte te volg en nie winste bo mense te prioritiseer nie. Nie net het ArcelorMittal hulle tyd geneem om owerhede oor die gru-ongeluk in kennis te stel nie, maar het ook nie hulp van kundiges gevra nie, en het onopgeleide werkers deel gemaak van die reddingspoging.”

“Ons kan nie voortgaan om onbekwame regeringsamptenare, en departementshoofde te duld wat ongeroer is deur buitelandse ondernemings in privaat besit wat ten alle koste met werkers se lewens en dié van hulle afhanklikes dobbel nie.”

Die party sê hulle kan bevestig dat ArcelorMittal nie ’n goeie rekord het nie. “Verskeie klagtes is teen die maatskappy ingedien, waaronder werkers se beserings op die perseel. Hierdie maatskappye doen soos hulle wil en kom gewoonlik lig daarvan af. Daar moet harder gevolge wees.

Die EFF het verder gevra dat die Departement van Arbeid en Departement van Minerale Hulpbronne en Energie aan die parlement rekenskap gee van waarom daar nooit opgetree is teen die maatskappy na vorige voorvalle nie. “Nie net moet hierdie departemente verantwoordelikheid neem nie, maar koppe moet ook rol.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: