Longoorplanting: Vrou sterf na longe met Covid-19 besmet is

Die keer, vier dae na die eerste toets, het die skenker positief vir die virus getoets.

MICHIGAN. – ’n Vrou van hier is dood nadat sy twee maande gelede ’n longoorplanting van ’n skenker wat onwetend asimptomaties vir Covid-19 was, gekry het.

Amptenare aan die mediese skool van die Universiteit van Michigan het aan NBC-nuus gesê dit is die eerste geval van Covid-19 in die VSA waar die virus via ’n orgaanoorplanting oorgedra is. Die orgaanskenker het glo geen simptome gewys nie en het ook negatief vir die virus getoets.

Chirug toets positief na longoorplanting

NBC-nuus berig verder die chirug wat die longoorplanting gedoen het, het ook positief getoets, maar het ten volle herstel.

Die skenker het as gevolg van ernstige breinbeserings in ’n motorongeluk gesterf. Die neus- en keelmonsters wat van beide orgaanskenker en ontvanger versamel is, het negatief vir Covid-19 getoets.

Toets positief

Die ontvanger van die longe het ‘n paar dae na die oorplanting Covid-19-simptome gewys. Alhoewel die vorige uitslae negatief was, het dokters besluit om wéér monsters, wat hulle van die skenker gehou het, te toets. Dié keer, vier dae na die eerste toets, het die skenker positief vir die virus getoets.

LEES OOK: Gespierde dokter lok kommentaar op sosiale media uit

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: