Warrenton-inwoners woedend oor krag vir meer as 36 uur af is

WARRENTON. – Inwoners van hier is woedend omrede hulle vir meer as 36 uur reeds sonder krag sit.

Warrenton

Foto: Wikepedia

WARRENTON. – Inwoners van hier is woedend omdat hulle vir meer as 36 uur reeds sonder krag sit.

Rentia van Rensburg sê hulle is keelvol vir die Magareng-munisipaliteit. “Ons kos in die yskaste is al besig om af te gaan.”

’n Mediaverklaring wat uitgereik is deur Gert van Heerden, die VF Plus-takvoorsitter, sê Warrenton het die afgelope tyd baie in die nuus verskyn vir die verkeerde redes.

Tans is daar ’n kragkabel na Wyk 4 wat reeds drie keer reggemaak is, maar elke keer ontplof dit net weer.

Probleem lê nie by die ou infrastruktuur nie

Van Heerden sê in die verklaring: “Wat veral kommerwekkend is, is dat die kragkrisis op die oog af nie deur die ou of onvoldoende infrastruktuur van Warrenton veroorsaak word nie, maar deur tegniese onbeholpenheid.”

“Die VF Plus doen ‘n beroep op die provinsiale departement van plaaslike regering om vas te stel of tegniese personeel oor die nodige kwalifikasies beskik. Dit behoort ‘n praktiese bevoegdheidstoets in te sluit.”

Wel ‘n uitweg vir die gemeenskaap

Van Heerden sê daar is ’n ander uitweg vir die gemeenskap, maar dit is duur en neem baie tyd. “Dit sluit ‘n regsproses in, sodat die gemeenskap self verantwoordelikheid vir dienslewering kan neem.”

Verder se hy in die mediaverklaring dat in die gemeenskap waar besproeiingsboerdery en kommersiële delwerye ’n norm is, daar genoeg kennis sal wees om die situasie te hanteer. “Dit kan net aangebied word as die munisipaliteit die deur daarvoor oopmaak.”

Anne-Marie Haarhoff, ’n inwoner van Warrenton, sê dit is ’n baie groot deel van Warrenton wat nou sonder krag sit en dat dit weens onbevoegde mense is wat daar werk.

“Ek is bevoorreg, ek kan my kragopwekker aansit en ’n gedeelte van my huis sal krag he, uitsluitend my vleiskamer, maar wat van die mense wat nie dit kan doen nie?”  

Mense is woedend

Die gemeenskap sê mense is bekommerd oor hul vleis wat ontdooi en afgaan. Dreigemente word op ’n WhatsApp-groep gestuur dat hulle die vrot vleis in die verantwoordelike persoon se kantoor sal gaan gooi en dan ’n eis daarvoor sal insit.”

“Die verskoning wat ons tans kry, is dat dit reën en hulle nie nou die kragkabel weer kan regmaak nie.”

Lees ook: Kleuter binne-in wasmasjien oorlede

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: