Kleuter binne-in wasmasjien oorlede

NIEU-SEELAND. – ’n Kleuter van hier sê liggaam is in ’n wasmasjien gevind.

Wasmasjien

Foto; Pixabay

NIEU-SEELAND. – ’n Kleuter van hier se liggaam is in ’n wasmasjien gevind.

Volgens Mirror is die lewelose liggaam van ‘n voorskoolse kind in ’n voorlaaierwasmasjien wat aangeskakel was, gevind.

Owerhede sê hulle is Vrydagmiddag ongeveer vyfuur na ‘n huis in ‘n Christchurch-woongebied ontbied.’n Woordvoerder het bevestig dat die kind na ’n hospitaal geneem is en daar dood verklaar is.

Die dood van die kind word nie deur die polisie as verdag hanteer nie.

Consumer Reports, ‘n nie-winsgewende groep, sê die risiko’s van wasmasjiene vir kinders is al wydverspreid bespreek. “Dit is van kritieke belang vir ouers om aan hul jong kinders te verduidelik dat hierdie toestelle nie speelgoed is nie, en dat dit gevaarlik kan wees.”

“Dit is ewe belangrik om iemand wat na jou kinders omsien terwyl jy nie daar is nie, in te lig oor die gevare van ’n wasmasjien.”

“Onthou dat jong kinders in ‘n ontwikkelingsfase is wat hulle veral nuuskierig maak.”

Lees ook: Ava die Engelse bulhond is steeds vermis – R10 000 beloning

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: