Beweerde mensehandelaar in hegtenis
Die ondersoek het aan die lig gebring die slagoffer is sedert haar aankoms in verskillende lodges in die Johannesburg-omgewing teen haar wil gevange gehou.

Beweerde mensehandelaar in hegtenis
GAUTENG. – Felix Christopher Eghan (32) het Maandag in die landdroshof in Randburg op aanklagte van mensehandel en die besit van vervalste goedere verskyn.
Daar word beweer ’n vrou (34) is in November 2020 van Kaapstad na Johannesburg met beloftes van winsgewende werksgeleenthede gelok.
Gered
Die ondersoek het aan die lig gebring die slagoffer is sedert haar aankoms in verskillende lodges in die Johannesburg-omgewing teen haar wil gevange gehou. Sy is verlede week Vrydag tydens ’n operasie wat deur die Valke in Johannesburg, Randburg en die Douglasdale-polisie uitgevoer is, gered.
Beslag gelê
Die polisie het op elektroniese items vir verdere ondersoek beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op vervalste goedere bestaande uit luukse horlosies, klere en parfuum ter waarde van ongeveer R100 000.
LEES OOK: Vrou sny kameelperd se hart uit as Valentynsgeskenk
Eghan is in hegtenis geneem in afwagting van verdere ondersoek. Die saak is uitgestel tot Maandag 1 Maart 2021. Die ondersoek duur voort en uitstaande verdagtes word gesoek.
Lees meer artikels hier.