Spookstorie-reeks: Koffie-spook

Ek was kort-kort wakker en het snaakse goed gehoor.

Spookstorie-reeks: Koffie-spook

Spookstorie-reeks: Koffie-spook

*** Spookstories word deur FiND iT-lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.***

Ons het as tieners saam met my stiefpa op ’n plaas ingetrek nadat hy en my ma getrou het. Hy het nie geboer nie; dit was ’n klein plaashuisie net buite ’n klein dorpie.

My stiefpa was ’n wonderlike man, ons was mal oor hom en hy het goed vir ons gesorg. Die enigste probleem was dat hy baie weg gewerk het en ons was dae, soms weke lank alleen op die plaas.

Die eerste paar aande nadat ons daar ingetrek het, het ek en my twee jonger sussies by my ma in die kamer geslaap. My stiefpa moes werk en was vir die eerste week nie by die huis nie. Die eerste aand was almal maar kort-kort wakker en angstig, maar na die derde aand het almal goed geslaap, behalwe ek.

Ek was kort-kort wakker en het snaakse goed gehoor. Ek het aangeneem die geluide is maar net omdat dit ’n ou huis was. Ek het daardie aand regop gesit in die bed nadat ek ’n gevoel gekry het van iemand wat vir my staar.

In die badkamer, regoor my ma se kamer, het ek ’n oom in die bad sien sit. Hy het reguit vir my gekyk. Ek het so groot geskrik, maar daar het nie ’n geluid by my mond uitgekom nie. Ek het omgedraai om my ma wakker te maak en toe ek weer terugdraai, was die oom weg.

My ma het vir my ’n slaappil gegee en gesê ek het maar net gedroom. Ek het daardie aand rustig verder geslaap.

LEES OOK: Vrou sny kameelperd se hart uit as Valentynsgeskenk

Die volgende oggend toe almal opstaan, het ons vyf, klaargemaakte, warm koppies koffie in die kombuis gekry. Die kombuis was ook gevul met die reuk van iemand wat pyp gerook het. Almal was bly, want ons het gedink my stiefpa was terug, maar toe ons hom nie kon opspoor nie, het my ma hom gebel. Dit was nie hy wat in die kombuis was nie.

Totdat ek hoërskool klaargemaak het, was daar elke oggend vyf koppies koffie in die kombuis wanneer ons opstaan. Ses op die dae wat my stiefpa by die huis was. Ons was net vyf in die huis.

Ons het al nagte in die kombuis wakker gesit, tot die son opkom, maar dan gebeur daar niks. Die oomblik wanneer almal aan die slaap raak en weer wakker word, het die koffie gewag en pyprook het die kombuis gevul.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: