Ma geskok nadat sy kamera in Edgars aantrekkamer vind

Oos-Londen. – ’n Ma van hier is geskok nadat haar dogter ’n kamera in die spieëlbeeld van ’n aantrekkamer in ’n Edgars winkel raakgesien het.

Kamera

Foto: All4Women

Oos-Londen. – ’n Ma van hier is geskok nadat haar dogter ’n kamera in die spieëlbeeld van ’n aantrekkamer in ’n Edgars-winkel raakgesien het.  

Volgens All4women was die meisies besig om onderklere aan te pas toe haar dogter die kamera opgelet het. Die vrou het die voorval by die hoofkantoor aangemeld.

Die Retailibility-groep, wat in September eienaarskap van 650 Edgars-winkels geneem het, het die bestaan ​​van die kamera bevestig.

Daar is glo geen opname van klante nie

Norman Drieselmann, die uitvoerende hoof van die groep, het gesê klante moenie bekommerd wees nie, omdat die kamera in 2016 reeds opgehou werk het en dat daar geen opnames van klante was nie.

Drieselmann het nie bevestig of die kamera voor 2016 klante afgeneem het nie.

Werknemer sê kamera het gewerk

‘n Werknemer van die winkel, wat nie genoem wil word nie, het gesê dat die kamera in die paskamers van die afdeling vir kinders was.

Sy het gesê veiligheidswagte van ‘n maatskappy wat vroeër gekontrakteer was om werk vir die winkel te doen, voorheen gesê het hulle kon klante op die monitors in die beheerkamer sien.

Die werknemer het gesê die sekuriteitswagte het die winkelbestuurder aangeraai om die kamera uit die paskamer te haal, maar hul versoek het blykbaar op dowe ore geval.

Die bestuur van die Hemingways Mall het bevestig dat hul ook ʼn klag vanaf die ontevrede klant ontvang het.  Die vrou het die saak op ‘n private WhatsApp-groep geplaas. Dit het sedertdien uitgelek en word nou orals versprei.

Sy sê: “Ek wil alle Oos-Londen-meisies waarsku. Moenie klere by Edgars aanpas nie. Dit wil voorkom asof hul kameras kyk.”

“Ek is heeltemal seker dat as ons die kamera in die spieël kan sien, kan iemand wat na die kamera-opnames kyk, ook die weerkaatsing van die mense in die kleedkamer sien. Dis ontstellend, want ons was besig om onderklere te koop.”

Die kamera is verwyder

Die Retailibility (Pty) Ltd groep het sedertdien verskoning vir die voorval gevra en berig die winkel het die kamera verwyder het en daar is geen beeldmateriaal nie.

Lees ook: Plastiek om kis glo onnodig

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: