Na begrafnis doodgeskiet, vriend verskyn vandag in hof

Hlati sê die verdagte het eers verdwym waarna hy homself Sondag aanndie polsie gaan oorgee het.

MPUMALANGA. – ’n Verdagte sal vandag in die Emalahleni-landdrroshof verskyn na hy glo sy vriend na ’n begrafnis tydens ’n argument doodgeskiet het.

Glo na begrafnis deur vriend doodgeskiet

Brig. Leonard Hlati, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het die slagoffer na bewering na die skietery in sy motor gelaai en na nooddienste geneem. Hlati sê die verdagte het daarna eers verdwyn, waarna hy homself Sondag aan die polisie oorgee het.

Volgens die polisie se mediaverklaring is die polisievoertuie ook glo met voorwerpe gegooi toe die polisie die begrafnisgangers na die begrafnis aangespreek het omdat hulle nie die nodige Covid-19-regulasies nagekom het nie.

LEES OOK: DA vra: ‘Waarom het hy by Nkandla aangekom met ‘n polisiekonvooi’

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: