Wêreld se vetste seun verloor meer as 100 kg – spog met sy nuwe gewig

Arya Permana (14) spog met sy nuwe figuur nadat hy van meer as ’n 100 kg se gewig ontslae geraak het deur ’n nuwe lewenstyl te volg.

Foto: Mirror

INDONESIË.- Arya Permana (14) spog met sy slanker figuur nadat hy van meer as 100 kg se gewig ontslae geraak het deur ’n gesonder lewenstyl te volg.

Volgens Mirror het hy ’n maagbandoperasie ondergaan, die prosedure behels ’n silikoonband wat om die maag geplaas word om dit te verklein. Daarna het hy ’n streng eet- en oefenplan gevolg.

Foto: Mirror

Die seun het op die ouderdom van 11 amper 190 kg geweeg. Hy moes buite in ’n swembad bad, aangesien hy te groot was om normaalweg te bad.

Permana se gewig het ’n hartverskeurende uitwerking op sy lewe gehad. Hy kon nie skool toe gaan nie, want na ’n paar treë kon hy nie meer asem kry nie. Hy kon ook nie klere vind waarin hy pas nie, dus het hy net sarongs gedra.

Na sy operasie het Permana sy lewenstyl verander en die resultate is onherkenbaar. Vandag stap die tiener 3 km per dag, neem deel aan sport, klim bome en kon vir die eerste keer in sy lewe op ’n motorfiets klim.

Permana sê: “In 2015 het ek nie gedink dit alles is moontlik nie, of dat ek gewig kon verloor nie. Nou voel dit anders, beter.”

gewig
Foto: Mirrorr

Die tiener, wat gewoonlik soveel as twee volwassenes se kos geëet het, is deur sy ma (39) en dieetkundiges bygestaan in sy stryd om gesonder te lewe. Hy het alledaagse kos, insluitend sy gunstelingkitsnoedels, vir groente en vrugte verruil.

Hy geniet nou drie gesonde etes per dag.

Lees ook: Vrou gee geboorte aan ‘klipbaba’ jare na haar swangerskap

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: