August 5, 2021

Die belangrikheid van ‘n goeie selfbeeld: Die verband tussen selfbeeld en depressie

Terwyl depressie ‘n geestesgesondheidstoestand is wat die gees en liggaam beïnvloed, bepaal jou selfbeeld die manier waarop jy oor jouself dink en voel.

Die belangrikheid van 'n goeie selfbeeld: Die verband tussen selfbeeld en depressie. Foto: Sharon McCutcheon

Die belangrikheid van 'n goeie selfbeeld: Die verband tussen selfbeeld en depressie. Foto: Sharon McCutcheon

Ons het waarskynlik almal al die raad gehoor om in jouself te glo, jouself te waardeer, jou eie cheerleader te wees en dat jy nie ander ten volle kan liefhê voordat jy jouself liefhet nie – en dit alles is waar.

Maar hoe presies weet jy of jou selfbeeld goed genoeg is? Waarom is dit belangrik en hoe bou jy joune op?

Vroeër het ons gekyk na wat ‘n gesonde selfbeeld is. Vandag kyk ons na die verband tussen selfbeeld en depressie.

Selfbeeld teenoor depressie

‘n Lae selfbeeld is nie dieselfde as depressie nie, alhoewel ‘n lae selfbeeld as ‘n risikofaktor vir depressie beskou word. ‘n Gesonde selfbeeld word inderwaarheid as ‘n beskerming teen baie geestesgesondheidstoestande, soos depressie en angs, beskou.

Terwyl depressie ‘n geestesgesondheidstoestand is wat die gees en liggaam beïnvloed, bepaal jou selfbeeld die manier waarop jy oor jouself dink en voel.

Studies toon ‘n goeie selfbeeld hou direk verband met jou tevredenheid met jou lewe en die vermoë om in uitdagende situasies ‘n gunstige houding oor jouself te handhaaf.

Waarom ‘n goeie selfbeeld saak maak

Volgens die American Psychological Association is ‘n gesonde selfbeeld die sleutel tot positiewe geestesgesondheid en welstand.

Dis belangrik omdat dit jou help om hanteringsvaardighede te ontwikkel, teëspoed te hanteer en die negatiewe in perspektief te stel.

As jy ‘n hoër selfkonsep het, is jy ook nie geneig om onnodige fokus, blaam, twyfel, of hopeloosheid te plaas op die dele waaroor jy nie gelukkig is nie. Jy kan ook stres, angs en druk beter hanteer.

Selfbeeld en pro-sosiale gedrag

‘n Gesonde selfbeeld word ook gekoppel aan pro-sosiale gedrag (aksies met die doel om ander te bevoordeel, soos vrygewigheid en eienskappe soos empatie), buigsaamheid en positiewe gesinsverhoudings.

Die risiko’s van lae selfbeeld

Soos enigiets in die lewe, is jou selfbeeld geneig om te verander en te groei namate jy volwasse word en in reaksie op belangrike lewensgebeurtenisse.

Dit is egter ook waar dat mense neig na ‘n sekere ingesteldheid van selfbeeld wat blywend kan wees, of dit nou goed, swak of êrens tussen-in is.

Sosiale interaksies, aandag, emosionele regulering, besluitneming en lewensbevrediging word deur laer selfbeeld beïnvloed.

Bron: www.verywellmind.com  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *