Kim Kardashian & Kanye West skei na sewe jaar

Hierdie is Kanye West se eerste en Kim Kardashian se derde huwelik.

Kim Kardashian (40), die realiteitsprogramster en Kanye West (43), die bekende rapper, het aangekondig hulle gaan amptelik na byna sewe jaar hulle huwelik beëindig.

Dit volg na maande se bespiegeling dat die egpaar se huwelik in die moeilikheid is. Verskeie Amerikaanse mediabronne het berig Kardashian het reeds ’n ruk gelede die bekende egskeidingsadvokaat, Laura Wasser, aangestel.

Sky News berig daar word geglo hulle huwelik het verlede jaar daaronder gely toe West, wat aan bipolêre versteuring ly, ’n onsuksesvolle Amerikaanse presidensiële veldtog gevoer het wat gekenmerk is deur wisselvallige uitsprake.

Hierdie is Kanye West se eerste en Kim Kardashian se derde huwelik.

LEES OOK: Karlien van Jaarsveld deel foto van ongelukkige Elah in rokkie

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: