As oumas vermom om Covid-19-entstof te ontvang

Owerhede het die twee vrouens wat na bewering hulself as ouma vermom het oortredingswaarskuwings gegee.

FLORIDA. – Twee vrouens, onderskeidelik in hulle 30’s en 40’s, het hulself glo as oumas vermom sodat hulle die tweede dosis van die Covid-19-entstof kon ontvang.

Volgens die balju se kantoor in Orange County is die twee vrouens, as gevolg van hulle ouderdom, nie veronderstel om nou al die inenting te kry nie. ABC-nuus berig verder dié twee het hulle inentingskaarte gehad wat beteken hulle het hulself waarskynlik die eerste keer ook vemom om die eerste dosis van die enstof te kry.

Die twee vrouens, wat hulself na bewering as oumas vermom het, se geboortedatums op hulle rybewyse het nie ooreengestem met die datums wat hulle gebruik het om vir die inentings te registreer nie. Owerhede het die twee vrouens elk ’n oortredingswaarskuwing gegee.

LEES OOK: 11 biologiese kinders: Vrou (23) met 11 babas wil groter gesin hê

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: