February 25, 2021

Leerder dood na tiener hom glo met baksteen gooi

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê na die geveg uitgebreek het, het die een leeder glo die baksteen na die slagoffer se kop gegooi.

MPUMALANGA. – ’n Leerder van Hoërskool Skukuza het buite saam met vriende ’n speletjie met dobbelstene gespeel toe ’n argument uitgebreek het en hy na bewering deur ’n ander leerder met ’n baksteen gegooi is.

Leerder is dood verklaar

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê na die geveg uitgebreek het, het die een leerder glo die baksteen na die slagoffer se kop gegooi. Volgens Hlathi is met die slagoffer na ’n kliniek gejaag waar hy dood verklaar is.

‘n Woordvoerder van die Onderwysdepartement van Mpumalanga het gesê maatskaplike werkers sal na die skool gestuur word vir berading. Intussen sal die verdagte in die hof verskyn.

LEES OOK: Vermeende rower met speelgoedgeweer en kontant deur polisie vasgetrek

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: