Hawelose vrou met ses honde weier om skuiling toe te gaan

Foto’s van die hawelose vrou waar sy onder swartsakke met haar ses honde sit.

MEXIKO. – Luz Maria Olmedo Beltran (65), ’n hawelose vrou op die strate van Tijuana, weier om na ’n skuiling te gaan omdat sy nie haar honde alleen wil agterlaat nie.

Polisielede het gesmeek dat die haweloos vrou na ‘n skuiling moet gaan, maar sy het geweier. Die rede waarom sy nie wou gaan nie, is omdat die skuiling nie diere toelaat nie.

Foto’s wys die hawelose vrou waar sy onder swartsakke met haar ses honde sit. Die sakke dien as skuiling teen die reën en koue. Mense het die foto’s gesien en haar storie gehoor, waarna sy kos, water en komberse as skenkings ontvang het.

Daar word beweer Beltran is tans in ’n skuiling waar haar honde by haar mag bly.

LEES ASB: Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: