Jong vrywilligers gaan glo met koronavirus besmet word om entstof te toets

Deel hierdie storie / Share this story

VERENIGDE KONINKRYK. – Die wêreld se eerste “human challenge” waar jong vrywilligers na bewering met die koronavirus besmet gaan word om die doeltreffendheid van die entstof te toets, gaan die volgende paar weke plaasvind.

Gesonde, jong vrywilligers

Volgens BBC-nuus sal die vrywilligers in ’n veilige en beheerde omgewing aan die virus blootgestel word terwyl gesondheidswerkers hulle gesondheid monitor. Daar sal 90 vrywilligers wees, verkieslik tussen die ouderdom van 18 en 30.

Hierdie “human challenge” was ook tydens ander virusse, soos malaria en cholera, se toetsperiodes gebruik. Hierdie tipe eksperiment sal geleerdes meer leer oor die oordrag van die virus en hoe die mens se immuunstelsel op behandeling reageer.

LEES OOK: President Cyril Ramaphosa ontvang 12:00 Covid-19-inenting

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.