SUID-AFRIKA. – President Cyril Ramaphosa en Zweli Mkhize, minister van gesondheid, gaan vandag 12:00 saam die gesondheidswerkers die Johnson & Johnson-entstof ontvang.
President Cyril Ramaphosa
Die Johnson & Johnson-entstof het gisteraand laat op O.R. Tambo lughawe in Suid-Afrika aangekom. Die entstof is daarna na ’n fasaliteit in Gauteng geneem. Van hier sal dit na die 17 verskillende inentingsentrums gestuur word.
Die inentings sal reeds vanmiddag om 12:00 in Khayelitsha in Kaapstad plaasvind. Die presidensie moedig ook ander leiers aan om die voorbeeld van die president te volg en hulle vertroue in die entstof te wys deur dit eerste te neem.
LEES OOK: Johnson & Johnson-entstof het in Suid-Afrika aangekom
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



