SUID-AFRIKA. – Die Johnson & Johnson-entstof het gisteraand laat op die O.R. Tambo-lughawe in Kemptonpark aangekom.
Van hier is die entstof na ’n fasiliteit in Gauteng geneem waarna dit na die verskillende inentingsentrums in die verskillende provinsies gestuur sal word.
Hierdie is die tweede dosis entstof wat in Suid-Afrika aankom. Die eerste dosis was die AstraZeneca-entstof wat verlede maand hier ontvang is.
Prof. Glenda Gray, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad, was ook op die lughawe toe die vliegtuig met die Johnson & Johnson-entstof gisteraand geland het.
LEES OOK: Werknemer gooi glo Covid-19- besmette speeksel in baas se drankie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



