Sjampoe jy jou hare twee keer wanneer jy stort?

Met die eerste was verwyder dit al die vuilgoed, soos besoedeling, droë sjampoe en stylprodukte wat opgebou het, uit jou hare uit.

Meeste van ons stort vinnig om tyd en water te bespaar, maar bestee ons genoeg tyd daaraan om ons hare te was? Hoeveel keer sjampoe jy jou hare wanneer jy stort?

Ian Florey, ’n tophaarkapper in Londen met meer as 30 jaar ondervinding, sê iets so eenvoudig soos hare was doen die meeste mense eintlik nog al die jare verkeerd. Florey sê vir die beste resultate moet jy jou hare twee keer sjampoe.

Waarom twee keer was?

Volgens Florey verwyder die eerste was al die vuilheid, soos besoedeling, droë sjampoe en stylprodukte wat opgebou het, uit jou hare uit. Wanneer jy klaar die eerste sjampoe met skoon water uit jou hare gespoel het en dan weer vir die tweede keer was, kan die sjampoe sy werk doen. Die voedende eienskappe van die sjampoe sal nou begin werk.

Verder sê Florey is dit belangrik om daarna jou hare op die regte manier op te knap. Hy beveel in die Independent aan om eers jou hare effens droog te druk met ’n handdoek sodat die produk wat jy aanwend nie te erg verdun nie. Daarna moet die opknapper slegs van die middel van jou hare af (m.a.w. nie aan die wortels nie) aangewend word.

Maak seker jy was volgende keer jou hare reg om die beste resultate te kry.

LEES OOK: Baba nommer 12? Ja, sê ma wat geboorte gee aan elfde kind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: