Water weer af vanaf 14:00

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die water is hier vanaf 14:00 vandag af tot en met 05:00 môreoggend.

Dié inligting is deur ‘n raadslid deurgegee.

Die waterkrisis lê Kimberley al sedert Vrydag lam en inwoners is woedend omdat hulle nie gewaarsku word oor die water nie. Vrae ontstaan ook oor hoe die waterkrisis die verspreiding van die Covid-19 pandemie veral in skole beïnvloed, omdat leerlinge nie kan hande was of toilette trek nie.