Radio-omroeper: Man het haar glo 49 keer met mes gesteek

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Man is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy na bewering die radio-omroeper, Dimakatso Ratselane, 49 keer met ‘n mes gesteek het.

Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is in Gauteng gevind waar hy in ’n huis in Ennerdale weggekruip het. Makhele sê na die lasbrief gister vir die verdagte se inhegtenisneming uitgereik is, het die polisie alle leidrade gevolg om die verdagte op te spoor.

Radio-omroeper in kritieke toestand gevind

Ratselane en haar man het verlede Dinsdag gery om hulle kinders te gaan haal. Daar word beweer die twee was in ’n argument betrokke. Ratselane is toe later in ’n nedersetting buite Bloemfontein in ’n kritieke toestand gevind.

Foto’s van haar wat op ’n hospitaalbed lê met steekwonde aan die gesig, is op Facebook gedeel. Die polsisie het daarna mense aangemoedig om nie die foto’s verder op sosiale media te deel nie.

LEES OOK: Radio-omroeper veg vir haar lewe, lasbrief vir haar man uitgereik

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.