Radio-omroeper veg vir haar lewe, lasbrief vir haar man uitgereik

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – ’n Lasbrief is vir die man van Dimakatso Ratselane, ’n radio-omroeper van Lesedi FM, uitgereik terwyl sy steeds vir haar lewe in die hospitaal veg nadat sy erge steekwonde toegedien is.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het aan SABC-nuus gesê Mackhenzie Ratselane is ’n verdagte in die poging tot moordsaak wat geopen is. Volgens Makhele is die verdagte nog op vrye voet en nog nie in hegtenis geneem nie.

Daar word beweer die radio-omroeper en haar man was op pad om hulle kinders te gaan haal toe daar ’n woordewisseling plaasgevind het. Sy is later in ’n kritieke toestand met verskeie steekwonde gevind.

LEES OOK: Radio-omroeper van Lesedi FM uit ICU, besig om te herstel

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.