VRYSTAAT. – Pieter Swart (37) wat verlede Donderdagoggend glo drie vermeende plaasaanvallers op ’n leeuplaas buite Kroonstad doodgeskiet het, is vandag vrygelaat.
Vrygelaat
Swart sou na verwagting vandag in die Kroondstad-landdroshof verskyn, maar die saak was nie op die hofrol nie. FC Schilling, Swart se regsverteenwoordiger, het vandag buite die hof bevestig Swart is vrygelaat.
Pieter Swart Vrydag in hegtenis geneem
Swart is Vrydag in hegtenis geneem na die voorval Donderdagoggend vroeg plaasgevind het. Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die boer is in hegetenis geneem na die ondersoekspan ’n ander weergawe van die voorval as wat die klaer aanvanklik in die saak gegee het, ontdek het.
LEES OOK: Boer in hegtenis na drie verdagtes tydens plaasaanval sterf
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



