Gedurende ‘n tyd waarin spanning hoog is, is dit belangriker as ooit vir kinders om te leer hoe om hulle emosies te hanteer.
Hier is ses wenke wat ouers kan gebruik om hulle te help.
Skep ‘n gesinshandves. Voordat julle kan begin om ‘n meer emosioneel intelligente gesin te word, moet jy seker maak dat almal op dieselfde bladsy is. Skep ‘n gesinshandves wat definieer hoe jy wil hê die gesin moet voel en hoe jy konstruktief konflik sal aanpak, tussen mekaar en met die buitewêreld.
Neem ‘n oomblik. As die wêreld woes en buite beheer raak, is een van die gesondste reaksies wat ons ons kinders kan leer, om ‘n oomblik stil te staan. Dit is om eenvoudig te stop, diep asem te haal, te erken wat gevoel word en die beste reaksie te visualiseer om die situasie te hanteer.
Modelleer emosionele intelligensie. Ons kan verduidelik wat emosionele intelligensie is en waarom dit so belangrik is, maar niks kan ons kinders die ware impak van dit beter leer as om dit self te modelleer nie.
Vier jou kind se emosionele intelligensie. Wanneer ‘n kind emosionele intelligensie begin toon, beloon en vier daardie gedrag. Positiewe versterking is baie kragtiger as om energie te bestee aan die berisping van negatiewe gedrag.
Wees oukei met jou eie gevoelens. Dit is belangrik dat kinders verstaan om emosioneel intelligent te wees, nie beteken dat negatiewe emosies verwerp of ontken word nie. As jy ‘n hoë emosionele intelligensie het, beteken dit nie dat jy nie angs of woede of hartseer voel nie. Dit beteken dat jy weet hoe jy daardie emosies kan herken en op ‘n gesonde, konstruktiewe manier kan verwerk.
Besoek die gesinshandves gereeld. Kyk gereeld om te sien hoe jy as gesin vaar om meer emosioneel intelligent te word. Erken vordering, asook gebiede waarin jy beter kan vaar. Maak dit ‘n positiewe ervaring en noem oomblikke van emosionele intelligensie. Gee voorbeelde wat in die toekoms herhaal kan word. Hou die momentum aan die gang.
Die moeilike werklikheid is dat baie van ons kinders tans seer het. Hulle wêrelde is onderstebo gekeer, en hulle doen hulle bes om aan die eise van die skool, familie en die lewe te voldoen.
Wat hulle nodig het, is die instrumente en kundigheid om hulle emosies te hanteer. Dit is wat emosionele intelligensie kan doen. Die pragtige ding is dat ons self meer emosioneel intelligent word as ons ons kinders daarvan leer.
Bron: www.parents.com



