Kenner meen ouers moenie kinders kielie nie

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens ’n kenner moet kinders nie deur hulle ouers gekielie word nie. Die verklaring het ouers op die internet in twee gedeel.

“Kielie is indringend, amper ’n tipe van aanranding. Dit verander die manier waarop ’n kind voel deur hom of haar te laat lag. ’n Kind se lag moet natuurlik gebeur en nie aangehits word nie,” het ’n inskrywing op die Magda Gerber-Facebookbladsy gelui.

LEES OOK: Kind (12) vermoor, liggaamsdele vermis

“Gelag moet uit die siel kom en ’n teken wees van geluk, tevredenheid en vreugde. As ’n kind gekielie word, lag hy of sy histeries en agter die lag kan daar vrees wees,” het die inskrywing voortgegaan.

In plaas van kielie, het die kenner gesê, moet ouers ander maniere vind om tyd saam met hul kinders te spandeer soos om saam te lees of te gaan stap.

Wat dink jy van kielie?

Lees meer artikels hier.