POLOKWANE. – Die liggaam van ’n twaalfjarige kind (12) wat waarskynlik vermoor is, is Vrydagoggend langs ’n begraafplaas deur ’n verbyganger gevind. Die moord op die seun hou glo verband met ’n ritueel.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer is Donderdag laas gesien. Sy liggaam het talle besering en van sy liggaamsdele word vermis.
Die motief van die moord kan moontlik ’n verbintenis met ’n ritueel hê. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisieondersoek duur voort.



