Vandag se tegnologiewenk waarvan jy nie geweet het nie: Gebruik jou stem in Google-dokumente
Dit is gratis en werk verbasend goed.

Vandag se tegnologiewenk waarvan jy nie geweet het nie - Gebruik jou stem in Google-dokumente. Foto: Andrew Neel
Jy weet seker al van die spraak-na-teks wat jy op jou foon kan gebruik om sms’e of e-posse voor te skryf, maar het jy geweet dat jy dieselfde in Google Docs kan doen?
Dit is gratis en werk verbasend goed.
Maak ‘n nuwe dokument oop in Google Docs en aktiveer Voice Typing by die Tools menu.
Begin dan dikteer. Dit herken ook opdragte soos “komma”, ” punt” en “nuwe paragraaf”.
Bron: www.usatoday.com