Sanitasiewerkers red 10-jarige na ontvoering

Deel hierdie storie / Share this story

LOUISIANA. – Twee sanitasiewerkers het ’n 10-jarige meisie gered nadat sy Sondag uit die huis van ’n familielid ontvoer is.

Volgens owerhede was die meisie laas gesien toe sy in ’n silwer Nissan Altima geklim het.

Kar opgemerk

Die sanitasiewerkers het die voertuig gesien terwyl hulle besig was op hul roete om vullis op te tel. Hulle het die voertuig met hulle sanitasietrok geblokkeer en die polisie gebel.

LEES OOK: Inwoners briesend oor watersituasie

Die meisie en die verdagte is altwee in die kar gevind en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die meisie is na ’n plaaslike hospitaal geneem. Die ondersoek duur steeds voort.

Lees meer artikels hier.