Inwoners briesend oor watersituasie

Volgens inwoners is die munisipaliteit onbevoeg.

Inwoner briesend oor water situasie

Inwoner briesend oor water situasie

KIMBERLEY. – Inwoners van die stad sit al van gister af sonder water en het geen kennisgewing ontvang dat die watertoevoer afgesny sal word nie. Dus kon niemand voorberei of voorsorg tref nie.

Sol Plaatje-munisipaliteit het gisteraand in ’n verklaring gesê die probleem lê by Riverton met modderige water as gevolg van oorstromings en sluise wat oopgemaak is.

Daar word tans net twee pompe gebruik om Newton-reservoir van water te voorsien en dit is nie genoeg om die water op ‘n aanvaarbare vlak te kry nie.

Volgens Sol Plaatje kan hul nie waarborg die reservoir sal vanoggend oopmaak nie en indien dit wel oopgemaak word, sal die water net vir drie ure aanbly en weer afgesit word sodat vlakke weer kan styg.

Geen waarskuwing

LEES OOK: Beweeg! Jou oefen-inspirasie vir vandag

Inwoners is kwaad omdat geen kennis gegee is voordat die water afgeskakel is nie en dreig om die reg in eie hande te neem. Volgens inwoners is die munisipaliteit onbevoeg.

FiND iT het navraag by die Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: