Boer wat drie verdagtes skiet steeds in aanhouding

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Die boer wat Donderdag drie verdagtes op sy plaas buite Kroonstad noodlottig gewond het, is steeds in aanhouding.

Brig. Sam Makhele, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die boer is steeds in aanhouding en sal eers Maandag in die hof moet verskyn. “Nadat voorlopige ondersoeke op die toneel gedoen is, het die ondersoekspan ’n ander weergawe van die voorval ontdek as wat die klaer in die saak aanvanklik gegee het.”

Aangekla van moord

Die boer word nou van driedubbele moord aangekla.

Skote is Donderdagoggend by sy huis op sy plaas 8 km buite Kroonstad afgevuur toe hy deur aanvallers op sy plaas oorrompel is. Hy het messteke aan die regterkant van sy gesig en nek opgedoen en is daarvoor in die Netcare-hospitaal behandel.

Behalwe vir dié drie slagoffers is nog drie verdagtes, twee mans en een vrou, in hegtenis geneem. Hulle drie staan tereg op aanklag van sameswering om ’n misdaad te pleeg.

Die boer en die drie verdagtes sal na verwagting Maandag in die Kroonstad-landdroshof verskyn.

LEES OOK: Boer in hegtenis na drie verdagtes tydens plaasaanval sterf