KIMBERLEY. – ’n Vrou wat in die gru-ongeluk op die N12 Kaapstad-pad betrokke was, is uit die hospitaal ontslaan en die meisie wat ook tydens die ongeluk beseer is, is tans in ’n stabiele toestand in die waakeenheid van Mediclinic Gariep.
Denise Coetzee, woordvoerder van Mediclinic Gariep, het bevestig Madelein Rudman, wat verlede week na die ongeluk ’n operasie ondergaan het, is vroeër die week ontslaan.
Coetzee het ook bevestig Juné van der Merwe is tans in ’n stabiele toestand in die waakeenheid.
Botsing van voor
Madelein Rudman en Roelf Rheeder het in ’n bakkie gery en Zan-Marie Olivier (22) en Juné van der Merwe (22) het in ’n motor gery toe die twee voertuie op 3 Februarie 2021 omstreeks 22:00 op die N12 Kaapstad-pad in ‘n botsing betrokke was. Olivier is in die ongeluk oorlede.
Lees die vorige berig hier.



