Twee honde se eienaars word dringend gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die twee klein swart hondjies, ’n reuntjie en ’n tefie, is vanoggend naby Pick ’n Pay, Rhodesdene, gevind en word tans by SEESA se kantore in Schmidtsdrift gehou.

Die twee hondjies lyk al redelik oud. Die hondjies kan ongelukkig net tot vanmiddag 14:00 by dié kantoor bly, waarna die Dierebeskermingsvereniging hulle sal kom haal.

Indien hierdie jou hondjies is, kontak Louise Deetlefs by 0840278498.

LEES OOK: Man steek hond – vrygelaat

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.